Dié jong atlete het by Lofland Titus ECD-forum se sportdag omtrent gehardloop dat die stof so staan. Die sportdag is verlede Maandag (21 Maart) by die Abattoir-sportveld in Strand gehou. Volgens die organiseerders was dit ’n gulde geleentheid vir die jong leerders van verskeie vroeëkinderontwikkelingsentrums om hulle te geniet. Dit was ook ’n geleentheid vir die ouers om hul kinders se onderwysers te ontmoet. Op die foto hardloop MJ Nongogo van Grace Academy voor vir die Rooi-span, met Munashe Murcembezi van Little Angels tweede en Daniel Hendricks van Lekkerbekkies ECD derde. Nog foto’s en ’n berig oor die sportdag is binne te sien. Foto: Rick Marais


Blitsies in aksie

You need to be Logged In to leave a comment.