Betogers het vroeg Vrydagoggend (17 September) die N7 buite Malmesbury met brandende buitebande versper.
Dit is nog onseker of hierdie betoging verband hou met ‘n beplande optog na die munisipale kantore vanoggend weens inwoners se ontevredenheid oor onder meer behuising.
Volgens sers. Henry du Rand, ‘n polisiewoordvoerder, het die polisie se eenheid vir openbare orde (Pops) die betogers kort voor 07:00 vanaf die N7 verwyder en die pad is skoongemaak. Verdere oproerigheid is wel in gedeeltes van Saamstaan en Ilingelethu aangemeld. “Ons is ‘n sterk polisieteenwoordigheid tans hier wat probeer om die gemeenskap veilig te hou asook om mense wat op pad is werk toe ook veilig te hou en nie toe te laat dat hulle geintimideer word nie.”
*Hierdie berig sal aangepas word soos wat nuwe inligting bevestig word.