Namens die skou se dagbestuur wil ek innig om verskoning vra vir die kommentaar wat mnr. Neels Blom op 19 April in Gazette gelewer het (Robertson-skou gaan in Oktober herleef, bl. 2).
Die kommentaar is gelewer sonder enige medewete van die skou se bestuur. Ons keur dit geensins goed nie en ons stem ook nie daarmee saam nie.
Aanvaar asseblief ons verskoning daaroor. Ons as Robertson-lenteskou het nog al die jare ’n goeie verhouding met die Langeberg-munisipaliteit in Robertson gehad, en ons streef voortdurend daarna om hierdie verhouding nog vir jare voort te sit. Baie dankie vir al die ondersteuning wat ons vanaf die munisipaliteit ontvang.
Vir enige navrae, kontak my gerus by 023 626 2512.