Die Besige Bye brei by Crestcare Malmesbury se koffiewinkel. Van links staan Erika Engelbrecht, Liz Mostert, Jemien Conradie, Marieta Jooste, Hannie Roos en Welma Fouché met Ria Bestbier, Mareta Stodart en Mary-Jane Swart wat voor hulle sit en die naalde laat klap.


Ywerige breiers van Malmesbury, wat hulself die Besige Bye gedoop het, het oudergewoonte die afgelope Donderdag (26 Februarie) byeengekom om kleurvolle komberse en ander items vir liefdadigheid te brei.

Die nege inwoners van die dorp het verlede week op die stoep van die Foreign Ground-koffiewinkel by Crestcare Malmesbury byeengekom om hul breiwerk voort te sit.

Volgens Mareta Stodart, een van die lede van die Besige Bye, kom hulle gewoonlik elke Donderdag by die ACVV-dienssentrum op die dorp bymekaar, maar hou dinge prettig deur soms by ander plekke te brei.

Die span nooi enigiemand wat wil kom saam brei uit om by hulle aan te sluit. Enige kleurvolle afvalwol, wat nie gebruik word nie, word ook as skenkings verwelkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article