’n Addiction Anonymous-ondersteuningsvergadering word elke Donderdagaand van 18:00 tot 19:30 in die raadsaal van die Wesbank-gemeenskapsaal in Malmesbury gehou. Slegs 25 mense sal per vergadering toegelaat word.
Die weeklikse program sluit in gesprekstemas, sprekers en fiksheid.
Toegang is gratis, maar skenkings is welkom. Die fokus is hoofsaaklik op alkohol-, dwelms- en pornografiese verslawing.
Die vergadering word gelei deur MBS Care Counselling, ’n beradingspraktyk wat spesialiseer in mishandeling, familie-, trauma-, egskeidings-, tiener-, kinder-, verslawing-, stres-, depressie-, rou- en voorhuwelikse en huwelikse berading. Die visie en missie van MBS Care is om ’n doeltreffende diens te lewer aan almal deur holistiese berading ter verligting van pyn, seer en leiding. Dit is nie vir winsbejag nie, maar ten doel om ’n gehaltediens te lewer.
MBS Care word deur opregte omgee en mense-liefde gedryf, maar bied nogtans eerlike, reguit op-die-man-af-berading. Berading via elektroniese media is ook beskikbaar asook in die gemak van jou huis.
Kontak MBS Care Counselling by 071 077 9464 of 073 246 6300 via WhatsApp of telefonies vir nog inligting.