Bejaardes bederf

’n Paar konsultante van Annique Rooibos-produkte het verlede jaar met ’n liefdadigheidsprojek begin.


’n Paar konsultante van Annique Rooibos-produkte het verlede jaar met ’n liefdadigheidsprojek begin.

Versoeke is via sosiale media uitgestuur om ’n potjie kamfer-lyfroom te borg teen R100 (’n afslagprys van die normale R169) wat dan aan bejaardes geskenk sou word.

Celésti van Zyl sê mense kon soveel potte borg as wat hulle wou. “Die reaksie was oorweldigend en ons kon vir elke inwoner van Huis De Kuilen in Kuilsrivier ’n pot skenk as ’n Kersgeskenk. Daar is 118 inwoners in die tehuis.

“Ons kon ook 45 potte aan die AGS se tehuis vir bejaardes in Kuilsrivier skenk,” sê Van Zyl.

Die potjies lyfroom is op Maandag 13 Desember by die twee tehuise oorhandig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.