‘n Bejaarde vrou van Riviersonderend is Woensdagoggend vermoor.

‘n Inwoner wat naby haar bly het op voorwaarde van anonimiteit gesê die slagoffer het alleen gebly en daar was die afgelope tyd baie inbrake in die omgewing. “Ek vermoed dis ‘n inbraak wat skeefgeloop het.” Hy sê voorts die tannie het altyd ‘n vrees gehad om ‘n slagoffer van misdaad te word omdat sy alleen bly.

Kol. André Traut het bevestig die besonderhede rakende die dood van ‘n 85-jarige vrou van Riviersonderend word tans ondersoek. “Die slagoffer se liggaam was op 15 April om 21:30 by haar huis in Hoopstraat gevind. Daar word vermoed die motief van die moord was inbraak aangesien juweliersware tydens die voorval gesteel is.” Traut het voorts genoem ‘n 38-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die man word tans ondervra om vas te stel of hy verantwoordelik is vir die moord.

You need to be Logged In to leave a comment.