Begrafnisse ook moeiliker weens landwye inperking

RIVIERSONDEREND – Pastoor Derick Leonard van Hope Funerals sê daar moes skielik aanpassings ge­maak word toe die nasionale inperking aangekondig is.


RIVIERSONDEREND – Pastoor Derick Leonard van Hope Funerals sê daar moes skielik aanpassings ge­maak word toe die nasionale inperking aangekondig is.

As noodsaaklike diens word sy personeel geraak en hul veiligheid is op die spel, maar hy meen die families van oorledenes het dié diens nodig. “Ons moes vinnig aanpassings maak,” vertel hy.

“Alles het in ’n oomblik verander. Ons land se ekonomie word tot stilstand gebring en skole en kerke word gesluit. Selfs politieke verskille word opsy gesit.”

Leonard vertel die inperking het sommer dadelik sy sak geraak, want hy moes veiligheidsklere, maskers, skoonmaakmiddels, ontsmettings­middel, handeroom en handskoene aankoop.

“Ons begroting is drasties geraak.”

Leonard en sy personeel het reeds twee begrafnisse onderneem en pro­beer voldoen aan die nuwe wetge­wing.

“Ek het 50 mense gehad by ’n begrafnis in Riviersonderend en dit was vir die mense moeilik om ’n afstand tussen hulle te hou.”

Hy moes voort­durend die mense herinner om nie te naby aan mekaar te staan nie.

Almal wat aan die kis gevat het se hande is tydens die diens gereinig. “By die graf moes ek almal weer herinner om ’n veilige afstand te hou.”

Die tweede diens, op 2 April, was in Stanford met slegs 16 mense en het beter verloop. “Ons het die stoele ver uitmekaar geplaas en afstand tussen mense is gehandhaaf. Feitlik almal het maskers gedra en daar was ’n tafel met handreinigers.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.