Ek sal die begrafnis van wyle Efraim (Choppie) de Wee op 11 Julie nooit vergeet nie.
Al die sprekers het hulle goed van hul taak gekwyt. Die salwing van die Heilige Gees was geweldig hoog.
Nog nooit het ek ’n begrafnis soos dié ervaar nie. God was in beheer. Die eer wat ek aan wyle Choppie betoon het was om voor die lykswa tot by die Ashton Stadsaal te stap, voor die kis in en by die saal uit.
Kom ons vergeet nooit die nalatenskap wat Choppie vir ons nagelaat het nie.
Aan sy gesin en familie, sterkte