Ek wil graag die mense van Caledon bedank vir hul bystand, belangstelling en hulp wat hulle aangebied en gegee het tydens die ongeluk by Prins Alfredweg 6 waar ’n vragmotor ons motorhuis, voertuie en van ons besittings erg beskadig het. Die gemeenskap het net weer ons oë oopgemaak en ons bewus gemaak van die “omgee vir hul medemens” van die Caledon-gemeenskap. Nogmaals baie dankie.
Vriendelike groete