Langeberg 8 Ball Pool se Sondagliga vir 2022 het goed begin. Hillside B het die voortou in die wedstryd tussen All Stars B Droëheuwel en Hillside B Dorpsig geneem en tot aan die einde van die potte (frames) voorgebly en All Stars B behoorlik die knie laat buig het. Hillside B was baie op die aanval en het ’n volle 5/5 behaal. Die puntestand was 19/6 in die guns van Hillside B. Boonop het Hillside B ook ’n bonuspunt van 9/0 verdien. Gerald Otto het vir sy span, Hillside B, ’n vol 5/5 punte behaal. In die ander wedstryde tussen All Stars A Droëheuwel en Killer-Beatz was die telling gelykop (12/12), maar met die potte het All Stars met drie punte teenoor Killer-Beatz se twee gewen, wat beteken All Stars A het sy wedstryd gewen. Hillside A het ’n loslootjie geniet. Hierdie Vrydag (8 April) hou Langeberg 8 Ball sy eerste Single KnockOut-toernooi vir die jaar by die Langeberg- Pool Academy by Malvastraat 107, Dorpsig. Alle potspelspelers is welkom. Inskrywings beloop R20 per speler. Op die foto is die Hillside B-span. Van links is Peter-John van Rooi, Keano Stevens, Imraan Eyssen, Bradley Signeur (kaptein) en Gerald Otto.