Alta Vos en Pieter Willemse is die klubkampioene in die vroue- en mans-enkelspelafdelings vir 2021 van die Moorreesburg-rolbalklub. Hulle het Saterdag (15 Januarie) uitstekende spel in die uiterste hitte gelewer. Alta het haar titel van verlede jaar suksesvol verdedig. By hulle is Johann Smuts (klubpresident). Die Moorreesburg-rolbalklub se sakeliga gaan binnekort weer begin en alle ondernemings word genooi om solank hulle spanne bymekaar te begin maak. Oud en jonk is welkom om by die klub te kom rol. Belangstellendes het drie maande om dit uit te toets alvorens lidmaatskapgeld betaalbaar is. Kontak Smuts by 076 693 1538 of Kiewiet van Rooyen, die wedstrydsekretaris, by 082 896 5826. Foto: