“Mense is honger en ons weet dit.”Só het premier Alan Winde verlede Donderdag met sy weeklikse digicon gesê.
Voedselvoorsiening is dringend in Theewaterskloof nodig. Daar heers kommer dat die streek se weerloses sal honger ly as die inperking langer voortduur.
Talle organisasies in Theewaterskloof en Kaap Agulhas maak tans kos vir gesinne in hul gemeenskap. Paul Swart, burgemeester van Kaap Agulhas-munisipaliteit (KAM), het ’n beroep op inwoners gedoen om by te dra tot die noodfonds van KAM. KAM het reeds geld aan sopkombuise in al hul dorpe oorbetaal en is nou besig om te bepaal watter gesinne kospakkies moet ontvang. Die burgemeester het sy dank uitgespreek teenoor almal wat reeds hul harte oopgemaak het om skenking te maak, kos te maak en dit uit te deel. “As gevolg van die verlenging van die inperking het ek en my gesin besluit om die leiding te neem om maandeliks ’n finansiële bydrae tot KAM se noodfonds te maak.” Die burgemeester nooi alle raadslede, amptenare, sakelui, individue, kerke, boere, en enige organisasie binne en buite KAM om dieselfde te doen.
In Caledon gee pastoor Rodney Nissan sewe dae per week kos aan behoeftige gesinne. Pastoor Nissen daag alle politieke partye, kerke en sakeondernemings uit om ’n bydrae te maak. Sy afsetpunte is in Bergsig, Vleiview, Riemvasmaak, Uitsig en Myddleton.
Tanya Bippert, aktivis vir One Billion Rising, deel elke Maandag en Donderdag kos aan die kinders van Riemvasmaak in Caledon uit.Pastoor George Rhode van Towdah Ministries in Caledon deel ook weekliks kos uit en die verspreidingspunte is by Towdah Ministries in Nuwestraat 6. “Alle kos of skenkings kan hiér afgegee word,” versoek pastoor Rhode. “Olivea Peel hanteer ons kos en skenkings en elke skenking word opreg waardeer.”
In Greyton het die Rooikruis reeds 275 kospakkies aan weerlose families uitgedeel – alles te danke aan goedgeorganiseerde geldinsamelingspogings van die span en die welwillendheid van skenkers.Virginia Jansen, ’n gemeenskapsleier van Greyton en organiseerder van die dorp se jeugforum, vertel saam met die Rookruis is daar drie ander instansies wat tans kook en pakkies uitdeel, “want die Rooikruis kan ongelukkig nie almal help nie.” Volgens Jansen help die Greyton-jeugforum om kos te maak en met die aansoeke vir kospakkies. “Ons het reeds 500 aansoeke aan die departement van Sosiale Dienste gestuur.” Jansen vertel Tony Potberg van Bereaville maak ook kos, sowel as Candis Cedras, wat die jeugforum help. Die grootste nood op die oomblik is babadoeke, volwasse doeke, melk, seep en klamlappies.
Piet Stander, ’n sakeman van Riviersonderend, het verlede Vrydag vertel hul projek is uitsonderlik, want die hele gemeenskap is deel daarvan. “Die sukses van die projek en al die skenkings wat ontvang is, is die resultaat van ’n verenigde gemeenskap waar geen ander invloede betrokke is nie, maar slegs die gemeenskap se noodbehoeftes aangespreek word.”
In Botrivier kook Andeline la Kay en haar span sedert die begin van die inperking weekliks vir gesinne ’n maaltyd. Hulle is dankbaar vir die skenkings wat hul reeds van weldoeners ontvang het, maar die aantal gesinne groei weekliks. Die groep verskaf tans kos aan ongeveer 1 000 inwoners van die dorp. Hulle sal skenkings van groente asook kontant verwelkom.
Talle kerke in Botrivier kook ook kos vir mense in nood. Lucky Point gee kos aan kinders in Botrivier.
In Villiersdorp verskaf Heidi Louw kos aan meer as 300 mense per week. Haar fokus is op kinders en haweloses. Sy werk nou saam met die raadslid Rina Minnie en die wyksraadslid Ronald Brinkhuys om kos te voorsien aan families wat deur die koronavirus geraak word.
Grabouw se afsetpunte vir voedsel word behartig deur Crafting Hope wat met meer as 12 ander instansies saamwerk en maaltye aan meer as 2 000 mense per dag voorsien.
Kontaknommers vir skenkings:
KAM Noodfonds: Hannes van Biljon: 082 806 7887
Botrivier Outreach: Andeline Lakay: 084 395 8470
Caledon: Pastoor Rodney Nissen: 082 494 9502
Tanya Bippert: 079 746 8311
Olivea Peel: 071 298 1380
Greyton Red Cross: Jenny Martin: 082 893 2284
Tesselaarsdal: Jonelda Willams: 063 550 3919
Grabouw: Crafting Hope NGO: 071 610 6506
Riviersonderend: Trevor Hermanus: 076 109 5366
Maretta Lottering: 063 534 8517
Villiersdorp: Heidi Louw: 061 509 1369
Bankbesonderhede vir skenkings:
Kaap Agulhas-munisipaliteit
Absa: Rekening nommer: 405 883 2586 (Lopende Rekening)
Tak kode:632 005
Verwysing: Covid-19
Pastoor Rodney Nissen se bankbesonderhede.
Standard Bank, Caledon
Rekening nommer: 082 180 520
Verwysing: Caledon Help
Riviersonderend: Interkerklike-forum bank rekening.
Absa: Rekening nommer: 922 602 8154 (Tjek rekening)
Botrivier Outreach se bankbesonderhede:
People Against Substance Abuse
Eerste Nasionale Bank: Rekeningnommer: 625 889 51189
Tak kode: 210 114
Verwysing: Covid-19