All Stars B Droëheuwel het sy wedstryd teen Killer-Beatz baie goed met 17 punte teenoor agt geseëvier. All Stars B het sy voorsprong baie gemaklik opgebou terwyl Killer-Beatz net nie aan die gang kon kom nie. Vir All Stars B het sy kaptein, Ian Moos, ’n volle 5/5 punte behaal. Die wedstryd tussen die twee gedugte A-spanne, naamlik Hillside A en All Stars A, was baie kop aan kop, maar met die aanvoering van All Stars A se ondersteuners het All Stars A die oë van Hillside A vinnig in die heel laaste been toegedruk. All Stars A het sy wedstryd met 14 punte teenoor Hillside A se 10 gewen, terwyl Hillside B ’n loslootjie geniet het. Al die spanne geniet met die Paasnaweek ’n af-naweek. Die spanne sal mekaar weer op 24 April aandurf. Met die uitklop-enkelspel-toernooi het die SA speler Gerovan Otto weer eens met die louere weggestap. Die dubbelspel-uitklopronde vind plaas op Vrydag 29 April om 19:00. Almal is welkom by Langeberg World 8 Ball. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Bo is All Stars se A-span, van links: Win-Lee Titus, Imran Michaels (kaptein), Randill De Villiers, Perston Fielies en Delano Seconds. Foto:


all stars b Droëheuwel skitter teen killer-Beatz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article