Jeff Lakey is in Februarie deur die All Nations Bible Institution Projects Group vir sy bydraes in die gemeenskap van Robertson tydens ’n spesiale geleentheid met ’n doktorsgraad in godgeleerdheid vereer. Lakey is ’n bekende skrywer, digter, storieverteller, dramaturg, berader en dwelm-en jeugaktivis in die dorp. Dié 78-jarige oudonderwyser is ook bekend vir sy historiese projek, “Bo-dorp-mense”. Die oorhandigingsgeleentheid het by die Rooibergsaal in Goree plaasgevind. Foto: