Agri Wes-Kaap wys nuwe ampsdraers aan

Agri Wes-Kaap het vandag (15 Oktober) sy nuwe ampsdraers aangewys tydens die 2020 Jaarkongres wat aanlyn aangebied is.



Agri Wes-Kaap het vandag (15 Oktober) sy nuwe ampsdraers aangewys tydens die 2020
Jaarkongres wat aanlyn aangebied is.

Tydens die kongres is Villiers Loubser, ‘n graanprodusent by Durbanville, as nuwe president van Agri
Wes-Kaap verkies. Hy volg Cornie Swart op, wat sedert 2011 as president
gedien het. Hy volg ook in die voetspore van sy pa en oupa, wat ook as presidente van Agri Wes-Kaap gedien het.

Heinie du Toit is as nuwe vise-president verkies. Hy is ‘n vrugteprodusent by Ceres in die Koue Bokkeveld
en het sedert 2015 as Agri Wes-Kaap se bestuurslid vir die Witzenberg-streek
gedien. Hy volg Hugo de Waal op.

Tydens die kongres is Liam Viljoen, ‘n graan- en wynprodusent van Malmesbury en Laubscher
Coetzee, volstruisprodusent van Oudtshoorn, tot onderskeidelik voorsitter en
onder-voorsitter van Agri Wes-Kaap se Algemene Sakekamer verkies.

Cornie Swart, uittredende president, het gesê hy is opgewonde om die leisels aan ‘n relatiewe jong span
oor te gee. “Julle neem ‘n sterk en vooruitstrewende organisasie oor en ek is
trots en gerus oor die hande wat nou die leisels gaan vashou. Ek weet julle
verstaan die hart van die landbou en ek wens julle alle voorspoed toe,” het Swart gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.