MALMESBURY – Agri Wes-Kaap het Dinsdagaand gedurende Malmesbury Landbouvereniging se algemene jaarvergadering die geleentheid gebruik om hul nuwe en opgegradeerde webwerf aan lede en besoekers bekend te stel.
Jeanne Boshoff, skakelbeampte van AWK, het gesê hulle het besluit om die webwerf van nuuts af te ontwikkel om die publiek en die verbruiker op ’n baie meer interaktiewe wyse by die landbou te betrek. Hulle doel met die nuwe webwerf is om ’n beter begrip rondom landbou by die verbruiker te kweek om sodoende ’n positiewe ingesteldheid en steun vir die sektor te bewerkstellig.
“Met die nuwe webwerf wil ons aktiewe steun aan ons produsente gee, en terselfdertyd die publiek met insig en inligting rondom landbou bemagtig. Met die skep van ’n gefokusde gesprek rondom landbou, hoop ons om produsente se rol in voedselverskaffing, werkskepping, die samelewing en die ekonomie te benadruk,” het Boshoff gesê.
Die nuwe webwerf sal teen die einde van Mei gereed wees.
Agri Wes-Kaap sal die media inlig oor die nuwe webadres en wanneer dit presies gereed sal wees