Met Guy Fawkes môreaand (Donderdag 5 November) en die feesseisoen wat nader stap doen Swartland-munisipaliteit ’n beroep op almal om versigtig te wees en oordeelkundig op te tree tydens deelname aan vuurwerkvertonings of die gebruik van vuurwerke wat by ‘n winkel aangekoop is.
Die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê aangewese areas is geïdentifiseer en beskikbaar gestel waar lede van die publiek vuurwerke mag afskiet. Hierdie areas sal streng deur wetstoepassingsbeamptes gemonitor word.
Dit is onwettig om vuurwerke in enige area buiten die
aangewese areas af te vuur en wetstoepassers sal ’n zero-toleransie-benadering
volg teenoor mense wat vuurwerke onwettig gebruik.
Die munisipaliteit het die volgende areas aangewys vir die
afvuur van vuurwerke:
- Malmesbury: Wesbank-sportgronde en sokkervelde, Ilinge Lethu
- Moorreesburg: Gene Louw-sportgronde
- Darling: Gabriel Pharoah-sportgronde
- Yzerfontein: 300 m
afgebakende area op die hoofstrand - Koringberg: Oop area langs die taxi-staanplek
- Riebeek-Kasteel en -Wes: munisipale sportgronde
- Abbotsdale: munisipale
sportgronde - Kalbaskraal/Riverlands: munisipale sportgronde
- Chatsworth: Informele
sportgronde
Vuurwerke mag ook slegs op die volgende datums en tye in die aangewese
areas afgevuur word:
- Donderdag 5 November (Guy Fawkes): 10:00 – 24:00
- Donderdag 31 Desember (Oujaarsdag): 10:00 – 02:00
- Vrydag 1 Januarie (Nuwejaarsdag): 10:00 – 24:00
- Saterdag 2 Januarie (Tweede nuwejaarsdag): 10:00 – 22:00
Die verkeers- en wetstoepassingsdiens van die munisipaliteit,
tesame met die Suid-Afrikaanse polisiediens, sal inspeksies by die areas doen
om te verseker dat daar aan alle vereistes voldoen word.
Dit is onwettig vir kinders onder die ouderdom van 16 jaar
om vuurwerke te koop en af te vuur sonder volwasse toesig.
Die munisipaliteit sê in die verklaring hy is nie verantwoordelik vir enige eis vir
skade wat weens die gebruik van vuurwerke gely word nie.
Inwoners word aangemoedig om hul troeteldiere op genoemde
dae sover moontlik binnenshuis te hou. Verder moet kennis geneem word dat die
afvuur van noodfakkels vir vermaak onwettig is.
Die brandveiligheidverordening vereis dat geen persoon met
vuurwerke mag handel dryf tensy hy/sy in
besit is van die vereiste vuurwerklisensie ingevolge die wet op ontplofbare stowwe;
en skriftelike magtiging van die brandweerhoof het.
Hier is ‘n paar veiligheidswenke vir die afvuur van vuurwerke:
- Gebruik slegs vuurwerke wat by ’n geakkrediteerde winkel
aangekoop is. - Kinders moet te alle tye onder toesig wees waar vuurwerke afgevuur word.
- Moenie vuurwerke binnenshuis afvuur nie.
- Vuurwerke mag slegs by die aangewese areas afgevuur word.
- Maak seker dat die vuurwerke buite bereik van toeskouers en
voertuie afgevuur word. - Moenie probeer om ‘dooie’ vuurwerke weer aan te steek nie
aangesien dit naby jou hande of gesig kan ontplof. - Steek slegs een vuurwerk op ’n slag aan.
- Moenie jou eie vuurwerke maak nie.
- Gebruik vuurwerke streng volgens die instruksies wat op die
verpakking gedruk is. - Moenie vuurwerke in enige soort houer aan die brand steek
nie. - Moet nooit vuurwerke afvuur terwyl jy onder die invloed van
bedwelmende middels is nie.
Skakel 022 487 9411 of 022 487 9400 om enige insident of die
onwettige verkope van vuurwerke aan te meld.