Stel gerus jou alarm vir Vrydagmiddag 17:30, wanneer drie Swartlanders op die kassie te sien sal wees in VIA se vasvraprogram Slim vang sy baas. Onder die spannaam Grace snoer die Abbotsdalers Furlo Theron en Heinrich en Divann Robertson kragte saam. Grace verwys na Furlo se klerereeks vir mense met gestremdhede, Grace Adapted Clothes. Swartland Gazettehet verlede jaar berig oor hierdie klerereeks wat Furlo saam met sy arbeidsterapeut, Hilletje Wiehahn, van stapel gestuur het nadat ’n rugbybesering hom in Julie 2016 verlam gelaat het. Furlo sê die verkope van klere wat spesiaal aangepas is vir mense met fisieke gestremdhede, asook sy deelname aan hierdie program, vorm alles deel van sy doelgerigte pogings om items op sy lewenswenslysie af te merk.