Die Malmesbury-polisie is op soek na die regmatige eienaars van hierdie artikels wat gedurende Desember óf verlate óf in die besit van verdagte mense tydens patrolliediens gevind is. Indien die eienaars die produkte positief kan uitken, kan hulle AO Marty van Heerden by 022 482 7500 bel.