9-jarige al dae vermis

MONTAGU– Die gemeenskap van die dorp, en meer spesifiek die inwoners van die Ashbury-woongebied, soek nou al dae lank na `n seun wat Woensdag 4 Mei spoorloos verdwyn het.


MONTAGU– Die gemeenskap van die dorp, en meer spesifiek die inwoners van die Ashbury-woongebied, soek nou al dae lank na `n seun wat Woensdag 4 Mei spoorloos verdwyn het.

Teen druktyd gister was die negejarige Diego Adonis steeds vermis.

Met Gazette se besoek aan die ouerhuis van die vermiste seun Saterdagoggend omstreeks 10:30, is nog geen taal of tyding van die vermiste kind ontvang nie.

Gazette is vergesel van Arnold Pekeur, `n gemeenskapsleier, wat die seun se verdwyning op sy Facebook-blad geplaas het.

Volgens Sanna Adonis (51), die bekommerde moeder, het haar seun voor hul huis in die pad saam met `n maatjie met ’n bal gespeel. Toe sy later uitgaan om hom te roep, was hulle nêrens te sien nie. ’n Man oorkant die pad het Adonis toe meegedeel dat Diego en die maatjie pad-af gestap het.

Adonis is `n enkelouer wat elke dag uitgaan om te gaan werk.

Haar seun bly bedags by ’n volwasse man, wat as Pienkie aan haar bekend is.

Volgens Adonis is Diego stadig van begrip en ook effens aan sy regterkant gestrem.

Hy gaan nie skool nie en daarom sien Pienkie, wat ’n paar huise van haar af in dieselfde straat woon, bedags na Diego om wanneer sy by die werk moet wees.

Sy het egter op die dag van haar seun se verdwyning nie gaan werk nie.

“Hy het hier buite gespeel. Ek sê toe vir hom hy moet kom, ons gaan gou hier op na ant’ Toeremeid toe.

“Ek het gesê ‘Mammie wil gaan loer daar of Nanna al gekom het’.

“Toe sê hy nee, hy gaan nie saam nie,” vertel Adonis.

Vervolg op bl. 2

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.